fbpx

Ondersteun Saai: 

Organisasies bied alternatief tot landbouplan

Ten spyte van groot opgewondenheid onder staatsamptenare, landboubesighede, vakbonde en die ANC oor die landboumeesterplan, kry dit die wind van voor onder boere en organisasies wat hulle op grondvlak verteenwoordig. Geen poging om die debat te demp of te ignoreer kry die stemme wat teen die meesterplan beswaar maak, stil nie. Organisasies met derduisende lede […]

Tyd dat die ANC onteiening sonder vergoeding agterlaat

Onteiening sonder vergoeding is ’n konsep wat aan ’n vervloë era van koue oorlog en kommunisme behoort en die ANC moet daarvan afsien sodat Suid-Afrika op die herstelpad kan kom. Die regering se beheptheid met dié konsep is die oorsaak van massiewe disinvestering, die gebrek aan groei en mededingendheid, werksverlies, die inploffing van die Landbank […]

Saai dien kommentaar in op wysiging van die Grondwet

Die ANC se irrasionele poging om die Grondwet te wysig om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak is tekenend van die politieke probleme wat die party onder die kieserskorps ervaar, van die kortsigtigheid van sy leierskorps wat Suid-Afrika reeds in ’n ekonomiese moeras in bestuur het en van ’n gebrek aan insig en aanvoeling […]

Ramphulp: waarom die staat uitgelaat word

Die tekorte aan basiese voorrade soos kos, medisyne, babamelk en ander lewensmiddele in die onrusgeteisterde dele van KwaZulu-Natal het, soos soveel keer die afgelope twee jaar, weer burgerlike strukture gemobiliseer om die staat se verantwoordelikheid ten opsigte van ramphulp oor te neem. Terwyl die staat komitees saamstel en met gewillige organisasies vergaderings hou om ramphulp […]

Boere moet mekaar ondersteun en beskerm

Boere moet waaksaam en ekstra paraat wees te midde van die omvangryke plundery in KwaZulu-Natal, Gauteng en elders in die land. Hulle moet deurlopend met mekaar en met hul georganiseerde landboustrukture in kontak bly, voorvalle aanmeld en hul plase, huise, gesinne en werkers veilig hou. By Saai doen ons alles in ons vermoë om families […]

Saai begin #SteedsGeenWapen-veldtog

Uit terugvoer van Saai se lede is dit duidelik dat boere nie nou gaan toelaat dat hulle ontwapen word nie. Die ANC se inisiatief om die besit van ’n vuurwapen vir doeleindes van selfverdediging onwettig te maak, maak opslae in die landbougemeenskap. Die familieboerorganisasie Saai skop vandeesweek af met ’n openbare veldtog genaamd #StillNoGun. Dié […]

Saai-Neasa-vennootskap bied groot impak vir familieboere

Die familieboerorganisasie Saai en die werkgewersorganisasie National Employers Association of South Africa (Neasa) het op 22 April 2021 ’n vennootskapsooreenkoms onderteken om arbeidskwessies in landbou te oorbrug en om boere te help met arbeidsprobleme, asook beleidsbeïnvloeding. Dié vennootskap behels verder dat gesprekke en onderhandelinge met vakbonde en die staat plaasvind en om strategiese rigting te gee aan […]

Help ons wildboere en #GaanJag!

Die wildbedryf in Suid-Afrika het vanweë drakoniese beperkings op jag onder COVID-19-regulasies ’n ernstige terugslag beleef. ’n Wesenlike deel van die meer as R16 miljard wat die bedryf jaarliks tot die ekonomie bydra, is van buitelandse trofeejagters afhanklik en hulle kon verlede jaar nie kom nie. Vanjaar gaan dit nie veel beter nie en wildboere […]

Vennootskappe werk in grondhervorming

Deur dr. Theo de Jager Die vennootskapgedrewe model vir grondhervorming (die “Karaan-plan”) is sedert die bekendstelling daarvan in 2013 steeds die suksesvolste plan om ’n klas winsgewende swart boere te skep en word ook wyd elders in Afrika toegepas. Dit is die nalatenskap van wyle prof. Mohammad Karaan, voormalige dekaan van die fakulteit landbouwetenskappe en […]

Saai en AfriForum staan boer by met indien van strafregtelike klagtes oor beweerde silosertifikaatbedrog

AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familieboernetwerk Saai het vandag vir Langspruit Landgoed, ‘n familieonderneming in die Standerton-distrik, bygestaan met die lê van strafregtelike klagtes van bedrog teen die bestuur van Bloemhof-silo’s tydens die eerste kwartaal van 2020. Dit volg nadat Langspruit Landgoed verliese gely het as gevolg van beweerde silosertifikaatbedrog. Die klagtes is by die […]