fbpx

Ondersteun Saai: 

Saai loods digitale plaasnaambordprojek

’n Naambord op ’n hekpaal by die ingang van ’n familieplaas sal nooit weer dieselfde wees nie. Saai het onlangs sy plaasnaambordprojek van stapel gestuur waarin die nuutste tegnologie gebruik word om plase te beskerm. Die ANC se 2017-besluit om die Grondwet te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het familieboere diep […]

Daar is kaders en die res

Deur dr. Theo de Jager As die Zimbabwiese ervaring, rampspoedige afwaartse kredietgraderings en verdoemende hofuitsprake oor onbevoegdheid en korrupsie die ANC se verbintenis tot onteiening sonder vergoeding nog nie genoegsaam gediskrediteer het nie, het die flagrante aankondiging dat plase aan MK-veterane geskenk word, die wêreld laat besef hoe gevaarlik die grondonteieningsagenda is. Verskeie suksesvolle swart […]

Verbod op wynverkope: Stop die onsinnigheid

Veel meer as die frustrasie in die markplek van wynliefhebbers wat sukkel om ’n bottel wyn in die hande te kry of van gaste wat die Boland droëbek besoek omdat wynproe by ’n duur kelderrestaurant ook verbied is, ly boere, werkers en dorpe onder ’n drakoniese maatreël wat die verkoop en vervoer van wyn verbied. […]

Sperdatum vir vuurwapenamnestie om die draai

’n Wesenlike aantal boere in Suid-Afrika gaan nie betyds voor 31 Januarie hul vuurwapens onder die huidige amnestievoorwaardes en COVID-19-verwante uitdagings ingee nie, selfs al wou hulle. Met die sperdatum vir amnestie vir vuurwapenlisensies om die draai, was die druk op vuurwapenlisensiekantore vandeesweek dikwels onhanteerbaar groot. As gevolg van die vereiste dat vuurwapeneienaars hulle wapens by […]

Saai-hoogtepunte in 2020

Saai het in Januarie 2020 Hongarye en Duitsland besoek as deel van ons internasionale veldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. Saai het gedurende hierdie besoek verskeie vergaderings gehad met ministers en parlementslede van dié lande en ook ons Familieboerresolusie teen plaasmoorde oorhandig vir oorweging.     Saai het in Februarie klagtes van tenderbedrog ingedien […]

Saai verwelkom die oordrag van staatsplase aan familieboere

Die besluit van minister Thoko Didiza om meer as 700 000 ha se plase wat sedert 1994 reeds in staatsbesit is aan begunstigdes van grondhervorming oor te dra, is een van die wysste besluite wat haar departement nóg geneem is. Die familieboerorganisasie Saai verwelkom dié besluit, wat talle van sy swart familieboerderylede raak. Die departement moes […]