fbpx

Help ons wildboere en #GaanJag!

Die wildbedryf in Suid-Afrika het vanweë drakoniese beperkings op jag onder COVID-19-regulasies ’n ernstige terugslag beleef. ’n Wesenlike deel van die meer as R16 miljard wat die bedryf jaarliks tot die ekonomie bydra, is van buitelandse trofeejagters afhanklik en hulle kon verlede jaar nie kom nie. Vanjaar gaan dit nie veel beter nie en wildboere het ál die hulp nodig wat hulle kan kry.

Saai, WRSA, Meerkat Veilings en Buffelsfontein Beesboerdery Restaurant werk saam om oplossings vir die finansiële uitdagings in die wildbedryf te ontwikkel. Daar moet ’n inkomstebrug oor die COVID-19-verwante uitdagings vir die wildbedryf gebou word wat familieboere op hulle plase kan hou, wat nie van buitelandse besoekers afhanklik is nie en wat op groot skaal geïmplementeer kan word. Vandaar die unieke vennootskap tussen ’n netwerk vir familieboere, die bedryfstruktuur vir wildboere, ’n digitale bemarkingsplatform en ’n bekende toonaangewende restaurant.

Oor die kort termyn is daar nie alternatiewe vir meer aggressiewe bemarking van produkte in die wildbedryf nie, met die uitdaging om soveel meer plaaslike jagters te mobiliseer dat hulle die mees kritieke gate kan toestop wat buitelandse jagters laat. Daardie biltongjagters wat dalk nie elke jaar in die veld kom nie, moet gemotiveer en bygestaan word om dit vanjaar te doen, want elke plaaslike jagter wat hierdie seisoen op ’n wildplaas gaan skiet of kuier, beteken ’n tree nader aan oorlewing vir daardie wildboer.

Die belangrikste produk van wild buiten trofeejag is die vleis. Dit is die mees organies verboude rooivleis, die lekkerste biltong, die goedkoopste proteïen en die natuurlikste biefstukke of wors op ’n braaivleisvuur of ’n bord, en boonop is dit ’n luuksheid.

’n Groot deel van die omset in die wildbedryf word gegenereer deur die lewendige verkoop van wild aan wildplase vir teel- of jagdoeleindes. Albei word egter gestimuleer deur die jagters wat ’n vraag daarna skep.

Al hierdie dimensies van die wild-en-jagmark is gelyktydig in gisteraand se #GaanJagDag-geleentheid bearbei by die Buffelsfontein Beesboerdery Restaurant in Menlopark. Wildvleis is op verskeie innoverende maniere opgedis aan gaste, waaronder van ons voorste kleinhandel-vleisverspreiders, restaurant- en hotelgroepe, om die vraag na wildvleis ’n hupstoot te gee.

Jagpakkette word op die nuwe digitale landbouveilingplatform Meerkat verkoop, met ’n fasiliteit vir elke wildboer in Suid-Afrika om sy pakkette vorentoe ook op te laai. Deur die nuutste data- en digitale tegnologie in te span, poog Saai en WRSA om ook nuwe momentum in die plaaslike jagmark te skep. Soos enige landbouproduktemark word Meerkat die digitale plein waar kopers en verkopers mekaar ontmoet en die pryse deur vraag en aanbod vasgestel word.

In hierdie grootse poging om reddingsboeie vir familiegebaseerde wildboere uit te gooi, het Saai en WRSA elke helpende hand wat uitgesteek word, baie nodig. Dit gaan oor veel meer as jag, biltong, braai of saam kuier. Dit gaan oor ’n gesin op ’n familieplaas waar hulle naam aan die hekpaal hang, en wat jou deelname nou nodig het!

As jy ’n wildboer is wat jou jagpakket wil oplaai, klik hier: https://forms.gle/AsuMHesDynCCP1Hz7

Om te bie op een van die jagpakkette, besoek een van die volgende skakels:

??????? en ???????:

https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.dankospark.meerkat

?????? en ??? ?????:

https://apple.co/2yDd362

Alternatiewelik, kry meer inligting hier:

▪️ https://portal.meerkatonline.co.za/authentication/login

▪️ www.meerkatonline.co.za