fbpx

Netwerkvenootvoordele

NetwerkVennoot-
Voordele

Verenig deur samewerking.

Samewerkingsooreenkomste en wedersydse ondersteuning met landbou-ondernemings, bedryfs¬organisasies, navorsingsinstellings en landbou-organisasies wat op ander steunbasisse fokus, gee SAAI toegang tot kundige bondgenote wat ons in staat stel om ’n wye spektrum van kwessies onder die loep te neem. Juis daarom beskou SAAI bestaande landbou-unies en organisasies as vennote in die bereiking van ons doelwit en poog ons om te verenig eerder as om te verdeel.

AfriForum 911

As dit by veiligheid kom, is AfriForum Veiligheid Saai se verkose netwerkvennoot. As deel van jou lidmaatskap geniet jy gratis toegang tot die AfriForum 911-toep (jy betaal slegs vir die data). Om van die beste beskikbare tegnologie gebruik te maak, het AfriForum besluit om die noodknoppie en nooddiens aan te bied in samewerking met ’n maatskappy wat ’n beproefde baanrekord het: TrackBox Technologies.

NEASA

NEASA is die leidende beskermer van werkgewersbelange in Suid-Afrika en speel ’n kardinale rol in die veldtog om die arbeidsregbedeling te verander. NEASA spesialiseer in arbeidsverhoudinge en gepaardgaande wetgewing, geskilbeslegting en kollektiewe bedinging. As netwerkvennoot van Saai bied NEASA gratis telefoniese regsadvies aan al ons lede. Raadpleeg die pamflet in jou ledepakkie vir die noodlynnommer en verdere besonderhede.

Grondpad Vellies

Grondpad se begin was slegs in 2019 met ‘n visie wat eienaar, Charl Wright gehad het om sy drome van wat egte plaaslewe is aan alle Suid Afrikaners beskikbaar te stel. Daardie drome word vasgevang op die vrugbare grond war Charl grootgeword het op ‘n plaas in Christiana, ‘n klein Noorwesprovinsie-dorpie.

Currency Assist

Ons bied die eenvoudigste en kostedoeltreffendste manier om fondse in en uit Suid-Afrika te skuif.