fbpx

Ondersteun Saai: 

Saai verskaf platform vir reisdokumente tydens COVID-19-inperking

Saai, die organisasie vir familieboere, het ’n webgebaseerde platform vir familieboere en hulle werkers geskep waar noodsaaklike reisdokumente wat tydens die verpligte 21 dae lange COVID-19-inperking benodig word, opgelaai kan word. Landbou- en voedselvoorsieningverwante operasies, insluitend boerdery-, veeartsenykundige en plantegesondheiddiensverskaffers, plaagbeheerdienste, en chemiese en kunsmisverskaffers is geklassifiseer as noodsaaklike dienste vir volgehoue besigheid wat die […]

Saai: Volgehoue voedselproduksie is die pad na oorlewing in kwarantyn

Saai, die organisasie vir familieboere, verwelkom die regering se ferm optrede om die koronavirus te stuit, maar bestudeer nog die maatreëls wat die president aangekondig het om die potensiële implikasies vir boerderye te bepaal. Saai verwelkom veral die uitsondering van voedselproduksie en -verspreiding in die opskorting van ekonomiese bedrywighede. Terwyl ondernemings in ander sektore van […]

Saai: Grondbevoordeeldebeleid loop grondverdelingsdebat vooruit

Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het kommentaar ingedien op die konsep van die nasionale beleid vir die keuring van bevoordeeldes en grondtoekenning (NBKBG), wat op 2 Maart 2020 gesluit het. Dié beleidskonsep is op 3 Januarie 2020 gepubliseer, terwyl die voorgestelde wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet steeds […]

Dien jou kommentaar in voor 2 Maart 2020!

Op 3 Januarie 2020 – terwyl die voorgestelde wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet steeds oop is vir openbare kommentaar – het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n konsep- nasionale beleid vir die keuring van bevoordeeldes en grondtoekenning vir kommentaar gepubliseer. Dié beleid poog om te bepaal wie as bevoordeeldes vir […]

Doeltreffende besteding is belangriker as groter inkomste

Na aanleiding van gister se begrotingsrede is Saai skepties oor die klein begroting om grondeise te finaliseer. Tito Mboweni, minister van finansies, het gister genoem dat R500 miljoen vir die finalisering hiervan begroot is. Volgens Theo de Jager, Saai se direksievoorsitter, is daar baie meer plase onder onafgehandelde grondeise in die Staatskoerant gelys as wat daar […]

Saai en AfriForum: SA het ’n plaasaanvalepidemie; boere egter meer weerbaar

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboerorganisasie Saai het vandag tydens ’n mediakonferensie AfriForum se 2019-statistieke oor plaasaanvalle en ‑moorde bekendgestel en bespreek. Vanuit die data wat AfriForum oor dié kwessie ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het ’n aansienlike laer toename gehad […]

Saai dien klagtes in ná buitensporige staatspensioenfondstransaksie

Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het vandag namens een van hul lede klagtes by die Brooklyn-polisiestasie ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha. Die lid van Saai, Jaco Engelbrecht, is ’n deeltydse boer en onderwyser van Koffiefontein […]

Saai dien kommentaar teen Grondwetwysiging in

Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het kommentaar ingedien teen die wysiging aan die Grondwet om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak. Saai beplan ’n baie sterk internasionale bewusmakingsveldtog oor onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde vir 2020. Die eerste skof van dié veldtog was ’n besoek aan die Hongaarse […]

Saai dien kommentaar in op VK-trofeejagverbod

Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, en wat dus wildboere insluit, het onlangs kommentaar ingedien op die VK-regering se konsultasie of die in- en uitvoer van jagtrofeë na en van die VK verbied moet word. Die oproep tot bewyse en konsultasie om menings en getuienis deur kenners in te win, is aangekondig […]

Saai skep databank om vuurwapeneienaars in amnestieperiode by te staan

Saai verwelkom die amnestie vir vuurwapeneienaars, veral diegene wie se hernuwingsaansoeke in dikwels chaotiese toestande in SAPD-stasies vertraag is of weggeraak het. Die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) kan tans nie die normale vloei van hernuwingsaansoeke hanteer nie, en Bheki Cele, minister van Polisie, het dit onlangs erken. Die reuse-agterstande is deels hieraan toe te skryf. Daar […]