fbpx

Ondersteun Saai: 

Landbank: Saai stig ondersoekfonds

Bewerings oor ongerymdhede, ongeregtighede en misbruik van likwidasies om Landbank en ander landbou-ondernemings se uitstaande skuld van boere in te vorder, noop ’n onafhanklike ondersoek. Saai het tydens sy verteenwoordigersdag in Pretoria in die teenwoordigheid van invloedryke boere van regoor Suid-Afrika ’n ondersoekfonds gestig om die oorsprong van die bewerings oor en die impak van […]

Saai staan boere by met grondeiseproses

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landbounetwerk vir familieboere, het saam met ervare regslui prosedures ontwikkel om eienaars wie se eiendomme deur die grondeisekommissaris in die Staatskoerant gelys is, by te staan om op die lysting te reageer en hulle te begelei om vir moontlike hofsake voor te berei. Daar was ’n skerp toename in […]

Neem deel aan ons Wyn peiling

Indien die verbod op die vervoer en verkoop van alkohol nie binnekort opgehef word nie staar 90% van wynboere bankrotskap in die gesig en sal ongeveer 350 000 mense wat werksaam is in die bedryf nie kos op die tafel kan sit nie. Saai, tesame met 10 ander Applikante uit die wynbedryf, sal op 18 […]

Reisdokumente vir Duiweboere

Lees asb die volgende meningstuk voor jy die permit hieronder voltooi. Hierdie stuk sal jou inlig van jou regte indien jy inter-provinsiaal sou reis. Klik hier – om die meningstuk te lees. Let asb sodra die permit “submit” word sal dit outomaties per epos na die epos adres gestuur word wat jy in die onderstaande […]

Saai veroordeel Minister Cele se uitspraak

Elke boer in Suid-Afrika – groot en klein, arm en ryk, swart en wit, en ongeag politieke affiliasie – wil weet: Hoe moet ons boer as kommunale beeste elke nag in ons lande ingejaag word en ons oeste vernietig? Hoe moet landbou gedy as daar geen respek vir eiendoms- of verblyfreg is nie? Die tirade […]

Saai-hofaksies lei tot nietigverklaring van Vlak 3

Druk uit verskeie hofgedinge teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), se irrasionele regulasies onder Vlakke 4 en 3 van die ramptoestand het haar genoop om op 17 Augustus 2020 in ’n ongewone stap Vlak 3 in sy geheel te skrap. Dít volg nadat Saai op verskeie fronte geveg het teen die […]

Sprake van moontlike verslapping in lig van hangende hofsake

Duisende boere en plaaswerkers is deur oordadige inperkingsmaatreëls en die vernietigde markte en waardekettings tot bankrotskap en werkverliese gedoem. “Oor die wêreld heen is die media krities oor die onverstaanbare beleidsraamwerk waarbinne die wyn- en tabakbedryf doodgesmoor is en jagters as lewenslyn van die wildbedryf nie oor provinsiale grense mag reis nie terwyl taxi’s dit […]

Verslapping van regulasies te min, te laat

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat inperkingsregulasies verslap word ten einde die ekonomiese skade wat die regering se oordrewe staat van inperking veroorsaak het, te beperk, is vir baie boere, landboubedrywe en waardekettings te min en te laat, meen dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Vir die wildbedryf, wat reeds deur die afwesigheid van […]

Saai bekommerd oor grondeise

Die toename in die getal grondeise wat in die aanloop tot 2021 se plaaslike verkiesings weer aktief verwerk word, is vir die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) ’n bron van kommer. “Dié verhoogde aktiwiteit word weerspieël in ’n toename in plaasbesoeke deur eisers en amptenare verbonde aan die grondeisekommissie, aanbiedinge aan grondeienaars en druk om hul eiendom […]

Saai dien aansoek in by Hooggeregshof namens wildboere

Saai, ’n organisasie wat die regte en belange van familieboere – insluitend wildboere – beskerm, het vandag ’n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die verbod op reis tussen provinsies vir bestaansjagdoeleindes op te hef. Die aansoek is namens 368 wildplaaseienaars en -operateurs ingedien en het ten doel om voorskrifte 2, […]