fbpx

Ondersteun Saai: 

Saai pak skuldeisers om familieboere op hul plase te hou

’n Dramatiese toename in selfdood onder boere – wie se lewens weens die ergste droogte in dekades deur ’n hoë skuldlas, ongenaakbare banke en ander finansiële diensverskaffers, en uitbuiterprokureurs ondraaglik gemaak word – het die landbougemeenskap diep bekommerd. In die rampspoedige droogte is daar min kopers op veilings, en ná ’n leeftyd se werk en […]

Familieboere: Stigters en bewaarders van die beskawing

Deur Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai “Let us not forget that the cultivation of the earth is the most important labor of man. When tillage begins, other arts will follow. The farmers, therefore, are the founders of civilization.”– Daniel Webster (Amerikaanse staatsman, 1782 – 1852). Na byna twee eeue geld hierdie gesegde vandag nog. […]

Bek-en-klouseer: Saai gaan toep met naspeurbaarheidsfunksie toerus

 Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, het vandag aangekondig dat hy sy veediefstaltoep, STIC, eersdaags sal uitbrei om naspeurbaarheid van vee se bewegings te prioritiseer. Dít kom na aanleiding van die departement van landbou, bosbou en visserye se aankondiging dat bek-en-klouseer in die Molemole-omgewing van Limpopo uitgebreek het. Weens die uitbreek van dié siekte het die […]

Saai wil resolusie ter beskerming van familieboere aan VN voorlê

Saai het vandag aangekondig dat dié landboubelangenetwerk ’n familieboerresolusie gaan opstel om in 2020 voor die Verenigde Nasies (VN) ter tafel te lê. Dít vorm deel van ’n groter veldtog om misdade teen familieboere deurlopend op die internasionale agenda te plaas. Saai het in Mei vanjaar die bekendstelling van die VN se dekade vir familieboere […]

Saai pak skuldeisers om familieboere op hul plase te hou

’n Dramatiese toename in selfdood onder boere – wie se lewens weens die ergste droogte in dekades deur ’n hoë skuldlas, ongenaakbare banke en ander finansiële diensverskaffers, en uitbuiterprokureurs ondraaglik gemaak word – het die landbougemeenskap diep bekommerd. Hoewel die ANC vir jare al met onteiening sonder vergoeding dreig, is dit banke en ander kredietverskaffers […]

Familieboer-resolusie

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie (FAO), produseer familieboerderye meer as 80% van die wêreld se voedsel. Dit plaas familieboerderye in die beste posisie om sommige van die wêreld se grootste uitdagings, wat deur die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte geïdentifiseer is, die hoof te bied. Dit is waarom die Verenigde Nasies Resolusie 72/239 aanvaar het, wat daarop […]

Boere bespreek behoeftes en uitdagings tydens Re Gola Mmogo-boeredag

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai), ’n netwerk van familieboere en boerderybelanghebbendes wat na familieboere omsien, het op 11 September 2019 ’n boeredag by The Hub in Tzaneen aangebied. Daar is intens met kommunale boere, kleinskaal- en nedersettingboere, kommersiële boere en begunstigdes van grondhervorming gepraat oor hul behoeftes, aspirasies, frustrasies en uitdagings.

Saai verwelkom Rakgase-uitspraak

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) verwelkom die uitspraak van die Gautengse hooggeregshof, wat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming dwing om die staatsplaas te verkoop aan David Rakgase, ’n begunstigde van grondhervorming in Limpopo. Rakgase boer vir die afgelope 27 jaar op dié plaas.

Landbou bied die beste hoop vir ekonomiese groei in Suid-Afrika

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) verwelkom die nasionale tesourie se besprekingsdokument oor ekonomiese beleid wat op 27 Augustus 2019 uitgereik is. Dié dokument van 62 bladsye fokus op vyf temas wat swak ekonomiese groei en toenemende werkloosheid oor die lang termyn sal hokslaan. ’n Groot deel van die dokument fokus op die landbou- en dienstebedrywe aangesien […]

Saai vra vir herinstelling van SAOG-tribunaal

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) beplan om groter momentum aan die groeiende regsdruk op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te gee om weer die SAOG-tribunaal in te stel.