fbpx

Ondersteun Saai: 

Reisvereistes vir familieboere tydens vlak 4-inperking

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het op 29 April 2020 die aangepaste regulasies aangekondig oor vlak 4-inperking wat op 1 Mei 2020 in werking tree om COVID-19 te help bestry. Artikel 16 van die gewysigde regulasies (GG No. 43258) bepaal (eie vertaling): Elke persoon word tot sy of haar woonplek […]

Saai: Registrasie by CIPC ’n kopseer vir familieboere

Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, is die afgelope week oorval met oproepe van gefrustreerde familieboere wat verhoed is om verby padblokkades te reis omdat hulle nie Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC)-sertifikate het wat hulle as noodsaaklike diensverskaffers identifiseer nie. Regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur, 2002, wat die Minister […]

Jagbedryf kan honger help verlig tydens COVID-19-tydperk

Die EMS-stigting se onlangse beroep op regeringsdepartemente om die slag en eet van wildvleis in Suid-Afrika en die uitvoer daarvan in die lig van die COVID-19-pandemie te verbied, is opportunisties en onverantwoordelik in ’n tyd waar die wild- en jagbedryf ’n reuserol kan speel om die honger in kwesbare gemeenskappe te verlig. Dié versoek aan […]

Toeganklikheid tot CADS-fonds ’n kopseer vir kleinskaalboere

Hoewel die regering se hulppakket van R1,2 miljard aan kleinskaalboere wyd verwelkom word, sukkel potensiële begunstigdes met die aansoekproses. Dít verhoog die vermoede dat die geld in die COVID-19-landbourampondersteuningsfonds (CADS-fonds) aan ’n klein aantal mense met politieke kennisse wat toegang tot senior amptenare in die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het, toegeken gaan word […]

Saai Teen Honger

Alhoewel Suid-Afrika op n nasionale vlak voedselsekerheid geniet, het elke huishouding nie noodwendig toegang tot dit wat nodig is om die honger te stil nie. Met die verlengde afsondersingsperiode gaan die nood van die wat nie ’n inkomste verdien nie, en nie geld het om kos te koop nie, net verder petrol op die vuur […]

Saai tree toe tot Tabak geveg namens Familieboere

Die vreemde geval van verbode tabakhandel in Suid-Afrika as deel van die nasionale strategie om COVID-19 te bestry, het honderde tabakboere en baie meer plaaswerkers in wanhoop gelaat. Dit het bemarkingsgeleenthede, inkomstestrome en werkgeleenthede ​​in die primêre produksiesektor vernietig. Saai as ‘n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, sal die Wes-Kaapse hooggeregshof op 30 […]

Aanlyn aansoekplatform vir CADS-fonds nou beskikbaar

Saai – ’n organisasie wat na die belange van familieboere omsien – het ’n aanlyn platform geskep wat kleinskaalboere wat finansiële nood ervaar in staat stel om aansoek te doen vir fondse vanuit die COVID-19-landbourampondersteuningsfonds (CADS-fonds). Aansoeke vir die fonds het op 8 April 2020 geopen en sluit op 22 April 2020. Thoko Didiza, Minister […]

Saai verwelkom hulp aan boere; meer begrip egter nodig

 Enige hulp aan boere tydens die staat van inperking moet verwelkom word. Daar bestaan tans ’n persepsie dat die landboubedryf ongehinderd met sy sake kan voortgaan, omdat landbou uitgesluit is van die streng inperkingsmaatreëls. Dít is egter nie waar nie. Heelwat van die landbouwaardekettings is onderbreek en die geïntegreerde aard van die verskillende produkte wat […]

Saai verkry dringende regsmening oor voortgesette wynproduksie

Die regering se inperkings op ondernemings weens die Covid-19-pandemie het familieboere in die wynbedryf met groot onsekerheid gelaat. Daar is wyd gespekuleer dat dit dalk onmoontlik sou wees om druiwe-oeste in te win en in kelders te verwerk. ’n Hele seisoen se opbrengs sou potensieel verlore kon gaan. Saai het sy regspan in dié verband […]

Saai verwelkom oproep om gebed

Saai, die organisasie vir familieboere, verwelkom president Cyril Ramaphosa se oproep om gebed vanaand om 18:00–18:30. Daar is niks wat so ’n kragtige, samebindende impak soos kollektiewe gebed het nie, en niks kan meer genesend vir die Suid-Afrikaanse nasie wees nie. Saai is ernstig daartoe verbind om deel te neem, en doen ’n beroep op […]