fbpx

Ondersteun Saai: 

Saai verteenwoordig tabakboere in hof

Saai het vandag tabakboere se belange verteenwoordig in die saak van British American Tobacco South Africa (BATSA) en nege ander partye teen die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, en twee ander partye in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Die verbod op die verkoop van tabakprodukte word op twee gronde betwis: konstitusioneel en […]

Wynverbruik en -verkope: Saai binnekort in die hof

Die familieboerorganisasie Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus 2020 dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat President Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het. “Die […]

Maak die emmer reg!

 Of jy een liter water in ’n emmer vol gate gooi of ’n duisend liter, die uitkoms is dieselfde: daar sal niks oorbly nie. Die kern van Tito Mboweni, Minister van Finansies, se interimbegrotingsrede is dat daar nie meer genoeg water is om in die emmer te gooi nie, hoofsaaklik omdat ons nou al te […]

Gaan jag!-veldtog: Saai moedig mense aan om jagbedryf te ondersteun

Die COVID-19-regulasies het die reeds brose Suid-Afrikaanse ekonomie verder verswak. Hoewel boerderye met sake kon aangaan, het die ontwrigting van markte soos die restaurant- en kantienbedryf en die informele sektor baie produsente in ’n finansiële verknorsing gelaat. Tabak‑, wyn- en wildboere is in die moeilikheid en kontantvloeikrisisse staar veral kleiner familieboerderye in die gesig. By […]

Reisdokumente vir Jagters

Minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, Barbara Creecy, het op 5 Julie 2021 ‘n verklaring uitgereik rakende die COVID-19, waarskuwingsvlak 4-risiko-aangepaste strategie vir die jagbedryf. In die bespreking van die reaksiemaatreëls en aanwysings is daarop gewys dat jagaktiwiteite toegelaat word. DIE PERMIT HIERONDER WORD UITGEREIK IN TERME VAN: Disaster Management Act (57/2002): Directions Regarding Measures […]

Saai versoek duidelikheid oor aansoeke vir CADS-fonds

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het op 6 April 2020 ’n beroep vir aansoeke gedoen met betrekking tot ’n COVID-19-landbourampondersteuningsfonds (CADS-fonds). Die Departement het genoem dat R1,2 miljard beskikbaar gestel word om kleinskaal- en gemeenskapsboere wat finansiële nood ervaar, te ondersteun. Die aansoeke het op 8 April 2020 geopen en op 22 April 2020 gesluit. Op 17 Mei 2020 het Minister […]

Saai en AfriForum beplan versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagbedrywighede

Die familieboernetwerk Saai en die burgerregteorganisasie AfriForum sal enige teenstand beveg vanuit staatsgeledere teen buurt- en plaaswagte wat wettige bedrywighede hervat. Dié organisasies moedig buurtwagte aan om patrollie te ry, ten spyte van voorvalle van teenkanting wat by die organisasies aangemeld is. Saai en AfriForum sal ook regshulp bied aan enigeen wat kwaadwillig vervolg word in […]

Saai wen saak vir voëlboere

Saai, ’n organisasie wat na die belange van familieboere omsien, het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sukses behaal met ’n dringende hofaansoek om die uitvoer van voëls na buitelandse markte toe te laat. “Saai het hierdie aansoek ingedien en hoewel vlak 4-regulasies die uitvoer van alle landbougoedere ingevolge artikel 22(1)(e) toelaat, versuim die […]

Saai loods aksie om voël uitvoer verbod op te hef

Suid Afrika is een van die grootste uitvoer lande van eksotiese voëls en papegaaie. Telers is afhanklik van uitvoere van jong, handgroot gemaakte voëls vir 90% van hulle inkomste. Die inkomste word hoofsaaklik gebruik om broei pare te onderhou, personeel se lone en salarisse te betaal en as inkomste te dien vir telers, wat ook […]

Gratis Hersiening van Water Registrasie Sertifikate

Wonder jy of jou waterregte nog geldig is? en indien wel, tot wanneer? Neem kennis dat net omdat jy ‘n waterrekening van Waterwese ontvang, dit NIE noodwendig ‘n aanduiding is dat jou waterverbruik wettig of geldig is nie. Die departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) is tans besig met ‘n verifiërings- en geldigverklaringsproses (V&G). Hulle […]