fbpx

Gratis Hersiening van Water Registrasie Sertifikate

Wonder jy of jou waterregte nog geldig is? en indien wel, tot wanneer?

Neem kennis dat net omdat jy ‘n waterrekening van Waterwese ontvang, dit NIE noodwendig ‘n aanduiding is dat jou waterverbruik wettig of geldig is nie.

Die departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) is tans besig met ‘n verifiërings- en geldigverklaringsproses (V&G). Hulle beweeg tans van die een opvanggebied na die volgende in Suid-Afrika om die proses te voltooi. Die doel van die verifiëring en geldigverklaring is om alle bestaande wettige gebruike te verifieer, wettige magtigings vir watergebruik teenoor waterregistrasies te bepaal, asook om die wettigheid van nuwe watergebruike te bepaal (na 1998). Enige verskille tussen gebruik en wettige toewysing sal uitgelig word. In die lig van die bogenoemde, het Saai in samewerking met Milnex- Enviromental Consultants, hierdie platform geskep om te verseker dat familieboere bewus is van die status van hul water registrasiesertifikate.

HULP VANAF MILNEX

1. Milnex sal registrasiesertifikate hersien en alle boere gratis inlig;

2. Indien die sertifikaat “lawfulness still to be determined” vermeld, moet ‘n verifikasie- en geldigverklaringstudie (V&G) gedoen word en aan DWS gestuur word. Die koste vir ‘n V&G is ongeveer R5000 en R10 000.

3. Indien die V&G-studie bevind dat water nie gebruik is of nie wettiglik gerbruik is gedurende die kwalifiseringsperiode nie (1996 en 1998), moet daar dan aansoek gedoen word vir ‘n waterlisensie. Die koste daarvan sal afhang van die benodigde watergebruik. ‘n Kwotasie kan op versoek voorsien word.

***HIERDIE PROSES SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD***

WATER REGISTRASIE

Voor die Nasionale Waterwet (NWW) in 1998 uitgevaardig is, was watergebruik onderworpe aan die Waterwet (54 van 1956). As algemene reël word watergebruik wat voor 1998 begin het, beskou as wettige gebruik (BWG) ingevolge die NWW as water wettiglik volgens ou regulasies gebruik is. As jy jou watergebruike gedurende die kwalifiserende periode (1996 – 1998) geregistreer het, sou jy ‘n waterregistrasiesertifikaat van DWS ontvang het. Die registrasie van ‘n watergebruik is nie die reg om sodanige watergebruik te beoefen nie en beteken ook nie dat dit wettiglik onderneem word nie, selfs as jy ‘n waterrekening van Waterwese ontvang, is dit NIE ‘n waarborg dat jou waterverbruik wettig of geldig is nie. Die registrasie van gebruike stel DWS in staat om beter te weet wie dit gebruik, waar dit gebruik word, waarvoor dit gebruik word, en hoeveel daarvan in Suid-Afrika gebruik word. Dit is bloot ‘n administratiewe proses en dien nie as bewys van die wettigheid van die geregistreerde watergebruik nie.

Tersaaklike rekords soos besproeiingsinfrastruktuurontwerpe, lugfoto’s, dokumentasie (saadaankope), ens. Moet in plek wees om te bewys dat die watergebruik voor 1998 plaasgevind het, en die bestaande wettige gebruik moet deur die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) geverifieer en bekragtig word.

Die volgende landbouaktiwiteite is voorbeelde van watergebruike wat ‘n lisensie vir watergebruik mag vereis (soos aangehaal):

 Water use activity under NWA Potential Relevance
Section 21 (a) Taking of water from water resource. Abstraction from a river, borehole or dam, as required for commercial agriculture.
Section 21 (b) Storage of water. Storage in dams (clean water), as required for commercial agriculture.
Section 21 (c) Impeding or diverting the flow of water in a watercourse. Construction of in-stream dams; construction of bridges and weirs.
Section 21 (d) Engaging in a streamflow reduction activity. Afforestation (commercial timber).
Section 21 (e) Engaging in a controlled activity. Irrigation with wastewater outside the water quality limits outlined in the General Authorisation Government Notice.
Section 21 (g) Disposing of waste in a manner that may detrimentally impact a water resource. Construction of septic tanks and soakaways associated with dairies, staff housing, offices, et cetera.
Section 21 (i) Altering the bed, banks, course or characteristics of a watercourse. Construction of in-stream dams; construction of bridges and weirs.

 

SOU JY ‘N WATER REGISTRASIE SERTIFIKAAT VAN DIE DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN SANITASIE HÊ MET DIE VOLGENDE OPSKRIF:

National Register of Water Use Certificate no. xxx, issued in terms of the regulations requiring that a Water Use be registered, promulgated under Section 26(1)(c) of the National Water Act (act 36 of 1998)

BEVESTIG ASB DIE VOLGENDE:

Saai staan boere by met grondeiseproses

  • Laai jou titelakte op

    jpg, png, pdf
    Drop files here or
    Accepted file types: jpg, png, pdf, Max. file size: 100 MB.
    • *Deur hierdie vorm in te vul stem ek daartoe in dat SAAI my data mag verwerk, stoor en gebruik.
    • This field is for validation purposes and should be left unchanged.