fbpx

Ondersteun Saai: 

Tyd dat die ANC onteiening sonder vergoeding agterlaat

Onteiening sonder vergoeding is ’n konsep wat aan ’n vervloë era van koue oorlog en kommunisme behoort en die ANC moet daarvan afsien sodat Suid-Afrika op die herstelpad kan kom. Die regering se beheptheid met dié konsep is die oorsaak van massiewe disinvestering, die gebrek aan groei en mededingendheid, werksverlies, die inploffing van die Landbank […]

Saai dien kommentaar in op wysiging van die Grondwet

Die ANC se irrasionele poging om die Grondwet te wysig om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak is tekenend van die politieke probleme wat die party onder die kieserskorps ervaar, van die kortsigtigheid van sy leierskorps wat Suid-Afrika reeds in ’n ekonomiese moeras in bestuur het en van ’n gebrek aan insig en aanvoeling […]

Ramphulp: waarom die staat uitgelaat word

Die tekorte aan basiese voorrade soos kos, medisyne, babamelk en ander lewensmiddele in die onrusgeteisterde dele van KwaZulu-Natal het, soos soveel keer die afgelope twee jaar, weer burgerlike strukture gemobiliseer om die staat se verantwoordelikheid ten opsigte van ramphulp oor te neem. Terwyl die staat komitees saamstel en met gewillige organisasies vergaderings hou om ramphulp […]

Boere moet mekaar ondersteun en beskerm

Boere moet waaksaam en ekstra paraat wees te midde van die omvangryke plundery in KwaZulu-Natal, Gauteng en elders in die land. Hulle moet deurlopend met mekaar en met hul georganiseerde landboustrukture in kontak bly, voorvalle aanmeld en hul plase, huise, gesinne en werkers veilig hou. By Saai doen ons alles in ons vermoë om families […]

Saai begin #SteedsGeenWapen-veldtog

Uit terugvoer van Saai se lede is dit duidelik dat boere nie nou gaan toelaat dat hulle ontwapen word nie. Die ANC se inisiatief om die besit van ’n vuurwapen vir doeleindes van selfverdediging onwettig te maak, maak opslae in die landbougemeenskap. Die familieboerorganisasie Saai skop vandeesweek af met ’n openbare veldtog genaamd #StillNoGun. Dié […]

Saai loods digitale plaasnaambordprojek

’n Naambord op ’n hekpaal by die ingang van ’n familieplaas sal nooit weer dieselfde wees nie. Saai het onlangs sy plaasnaambordprojek van stapel gestuur waarin die nuutste tegnologie gebruik word om plase te beskerm. Die ANC se 2017-besluit om die Grondwet te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het familieboere diep […]