fbpx

Meld stukkende paaie hier aan

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het onlangs versoek dat plattelandse paaie wat in ’n swak toestand is by haar kantoor aangemeld moet word. Daar moet ook voorstelle gegee word oor die paaie wat dringend herstelwerk benodig, soos die regmaak van padoppervlakke en die rehabilitasie van beskadigde paaie.

Saai verwelkom hierdie versoek en wil dus seker maak dat ‘n volledige profiel van paaie wat dringend herstelwerk nodig het aan die departement gekommunikeer word. “Deur hierdie inligting in te samel wil ons ook rekord hou van vordering in hierdie verband” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai

Dié minister beklemtoon dat padinfrastruktuur van nasionale, provinsiale, munisipale en plaaspaaie ’n prioriteit is om ekonomiese volhoubaarheid te verseker deur plaasprodukte vinnig en veilig te kan vervoer en daarom is dit krities dat familieboere die toestand van hul paaie meld.

Saai versoek dat familieboere inligting voorsien oor stukkende paaie in hul omgewing ten einde ‘n register saam te stel van paaie wat herstel moet word.