fbpx

Saai besoek familieboere regoor Suid-Afrika vanaf 5 Augustus 2019

Saai sal gedurende die eerste been van ons nasionale toer boere van regoor Suid-Afrika besoek. Die toer sal 5 Augustus 2019 afskop, waarna ons verskeie familieboerderygemeenskappe regoor die land sal besoek. Die doel van die nasionale toer is om Saai as moderne familieboerlandbounetwerk aan familieboere bekend te stel en sodat familieboere hul grootste bekommernisse met […]

Familieboere teen onteiening sonder vergoeding!

Alhoewel ons huidige Grondwet voorsiening maak vir onteiening onderhewig aan “regverdige en billike” vergoeding, wil die voorgestelde Agtiende Wysigingswetsontwerp van die Grondwet, 2019, waarop daar tot 31 Januarie kommentaar gelewer kan word, uitdruklik voorskryf dat geen vergoeding betaal hoef te word nie, in gevalle waar grond geneem word ter bereiking grondhervormingsdoelwitte. Daar is drie artikels […]

Saai gaan VN toe: Ondersteun Saai se prioritisering van die familieboer.

Familieboere se uitdagings is vir Saai ’n prioriteit by die afskop van die Verenigde Nasies (VN) se Dekade van Familieboerdery. Die VN loods op 29 Mei 2019 die VN se Dekade van Familieboerdery in Rome, Italië, in samewerking met die Food and Agricultural Organization (FAO) en die International Fund for Agricultural Development (IFAD). Francois Rossouw […]

Saai en CFU hou byeenkoms vir Zimbabwiese boere rakende vergoedingseise

Saai (Suider-Afrika Agri Inisiatief) gaan Suid-Afrikaanse boere wat hulle plase in Zimbabwe verloor het, bystaan om vergoeding te ontvang. Saai is ook besig om Zimbabwiese boere wat na Suid-Afrika uitgewyk het met vergoedingseise by te staan danksy sy netwerk van vennootorganisasies. In ’n dramatiese wending het die Zimbabwiese regering onlangs aangekondig dat boere wat sedert […]

Eiendomsbelasting

Alhoewel die klassifikasie van hul eiendomme op hul eiendomsbelastingrekeninge korrek is, het Saai by lede wat op landgoedere en plase in die ou Kungwini, Nokeng tsa Taemane en Metsweding munisipale gebiede woon, verneem dat die huidige tarief op hul rekeninge verkeerdelik toegeken word. Die gevolg hiervan is dat eienaars in sommige gevalle eksponensieel meer eiendomsbelasting […]

Stop die steenkoolmyn langs die Krugerwildtuin!

Na aanleiding van Manzolwandle Investments se nuutste aansoek om steenkool in ’n gebied van ongeveer 18 000 hektaar naby Komatipoort en die Nasionale Krugerwildtuin te myn, het die landboubelangenetwerk Saai – verteenwoordiger van familieboerderye – as belanghebbende toegetree om weer dié ontwikkeling teen te staan. Die teikengebied beslaan hoofsaaklik besproeiingslandbou in uitvoerbedrywe, asook hoë-intensiteitboerderye wat […]