fbpx

Stop die steenkoolmyn langs die Krugerwildtuin!

Na aanleiding van Manzolwandle Investments se nuutste aansoek om steenkool in ’n gebied van ongeveer 18 000 hektaar naby Komatipoort en die Nasionale Krugerwildtuin te myn, het die landboubelangenetwerk Saai – verteenwoordiger van familieboerderye – as belanghebbende toegetree om weer dié ontwikkeling teen te staan.

Die teikengebied beslaan hoofsaaklik besproeiingslandbou in uitvoerbedrywe, asook hoë-intensiteitboerderye wat ’n groot aantal werkers in diens hou. Suurreën, steenkoolstof, honderde vragmotors wat paaie verpletter, ’n toename in veediefstal, lug- en waterbesoedeling en geraas is maar enkele nadele en newe-effekte wat mynbouaktiwiteite vir die nabygeleë landbouproduksie sou veroorsaak.

Gee ons jou mandaat om dié ontwikkeling teen te staan en deel asb die blad met jou vriende:

Stop die steenkoolmyn in Komatipoort!

  • *Deur hierdie vorm in te vul stem ek daartoe in dat SAAI my data mag verwerk, stoor en gebruik.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.