fbpx

Los ons vuurwapens!

Sedert April 2020 was daar 395 plaasaanvalle landwyd. Meer as 3000 polisiebeamptes is nie bevoeg om ‘n vuurwapen te hanteer nie en meer as 11000 polisiebeamptes het nie bevoegdheid sertifikate vir hul vuurwapens nie.

In die lig van hierdie omstandighede het die Departement van Polisie die 2021 konsep Vuurwapen beheerwet bekend gestel. Een van die oogmerke van hierdie wetgewing is dat Suid-Afrikaners nie kan aansoek doen vir ‘n vuurwapenlisensie vir selfverdediging nie. Vir meer inligting en om die volle voorstel te lees klik hier

In ‘n land met een van die hoogste misdaad syfers ter wêreld is dit belangrik dat jy jouself en jou gesin moet kan beskerm.

Saai sal kommentaar indien namens familieboere en ook verdere stappe neem om die wetgewing te stop.

As jy die voorgestelde wet wil keer vul jou besonderhede in hieronder en help Saai om die wetgewing te keer!

Los ons Vuurwapens

  • *Deur hierdie vorm in te vul stem ek daartoe in dat SAAI my data mag verwerk, stoor en gebruik.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.