fbpx

Ondersteun Saai: 

SEB-vereistes vir uitvoere, wat jy moet weet.

Groot onsekerheid heers oor wat presies die Departement van Landbou se plan is met rasteikens vir uitvoerders omdat ‘n ou vereiste om ‘n kwotapermit vir tariefvrye uitvoer vir sekere landbou produkte te kry opnuut kommer wek. Die minister van landbou, Thoko Didiza, sê geen vereistes word gestel vir swart ekonomiese bemagtiging vir uitvoerders nie, maar in die twee staatskoerante wat die herrie veroorsaak het, word swart bemagtiging duidelik as die eerste vereiste gestel.

Onder die ooreenkoms wat Suid Afrika met die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk het, is sekere produkte wat mens tariefvry kan uitvoer en sekere ander produkte waaroor daar voorwaardes aan gekoppel is. In die staatskoerant van 31 Oktober 2023 word dit die “special tariff rate”-kwota genoem. Dit is vir spesifieke produkte wat nie outomaties tariefvry is nie , maar daar is ‘n beperkte hoeveelheid wat mens elke jaar tariefvry kan uitvoer en dit word ingestel om tot ‘n mate ‘n produsent of vervaardiger in daardie land te beskerm. 

Produkte wat geraak word is hoofsaaklik verwerkte landbouprodukte soos sekere suiwelprodukte, vrugtesap, vrugtekonsentraat en die wynbedryf wat ook onderhewig is onder daardie kwota.

Boere of verwerkers kan aansoek doen op ‘n jaarlikse basis as jy ‘n gedeelte van hierdie tariefvrye toegang wil benut. Daar is vereistes aan verbonde wat nou in die staatskoerant gepubliseer is en dit word op ‘n jaarlikse basis herhaal, effektiewelik om te sê “die kwota is nou skoon vir hierdie jaar, jy kan nou aansoek doen om ‘n gedeelte van daardie kwota uit te voer.”  Dit moet onderskei word van ʼn normale uitvoerpermit in terme waarvan jy nie kan uitvoer as jy nie die permit kry nie.

Saai se probleem is dat daar hoegenaamd van ʼn familieboerdery verwag word om swart ekonomiese bemagtiging toe te pas. In beginsel is dit nie regverdigbaar dat ʼn jong wit boer met ʼn R12miljoen omset aan ‘n komplekse reeks beperkinge in sy besigheid onderwerp word, terwyl sy swart of Indiër studentevriend op die plaas langsaan, wat ook ʼn R12miljoen omset het, aan geeneen van daardie beperkinge onderworpe is nie.

Saai sal namens ons lede by veg teen rasmal ideologiese ingryping in ons ekonomie, omdat ons glo dat die krisis waarin Suid-Afrika vandag ten opsigte van dienslewering, staatsondernemings, ekonomiese verval en armoede verkeer, grootliks aan die ANC se implementering van swart ekonomiese bemagtiging toegeskryf kan word.

Saai veg nie net teen die regulasies soos dit tans is nie maar om te verseker dat hierdie regulasies nie net sommer uitgebrei word na meer produkte of ander lande nie.

Ondersteun ons regsaksie hier:

https://bit.ly/3QWh7T5

Lees die volledige staatskoerante hier

Vol. 700

Vol. 701

Produktelys