fbpx

Grondpad Vellies

Grondpad se begin was slegs in 2019 met ‘n visie wat eienaar, Charl Wright gehad het om sy drome van wat egte plaaslewe is aan alle Suid Afrikaners beskikbaar te stel.

Daardie drome word vasgevang op die vrugbare grond war Charl grootgeword het op ‘n plaas in Christiana, ‘n klein Noorwesprovinsie-dorpie.

Charl het ‘n groot nostalgie ontwikkel vir vellies, en die Grondpad waarop hy constant as kind en jong man geloop het.

Charl se, “My liefde vir die plaas en on Afrikaanse mense het my die nodige inspirasie gegee dié eg Suid Afrikaanse vellie te ontwikkel”.

Grondpad Vellies is ‘n handelsmerk wat sinoniem is met Suid Afrikaners, Boere, plaasgemeenskap en die einste hartklop van Suid Afrika…Gehalte Vellies, waarby Grondpad Vellies in minder as twee jaar die harte van duisende Suid Afrikaners verower het.

Deel van Grondpad se droom is om ons boere  by te staan in besondere uitdagende tye.