fbpx

AfriForum 911

As dit by veiligheid kom, is AfriForum Veiligheid Saai se verkose netwerkvennoot. As deel van jou lidmaatskap geniet jy gratis toegang tot die AfriForum 911-toep (jy betaal slegs vir die data). Om van die beste beskikbare tegnologie gebruik te maak, het AfriForum besluit om die noodknoppie en nooddiens aan te bied in samewerking met ’n maatskappy wat ’n beproefde baanrekord het: TrackBox Technologies.

TrackBox se bestaande nooddiensvennote sluit in die SAPD, die Valke, die K9-eenheid, 10111-sentrums, Netcare 911, ER24, die brand- en reddingsdepartemente, gevorderde lewensondersteuning, die Ethekweni Munisipaliteit en Stad Kaapstad.

Laai gerus die AfriForum 911-toep op jou slimfoon af of besoek https://www.afriforum911.co.za/laai-af/ om te sien hoe jy dié toep stapsgewys kan aflaai.