fbpx

Wêreldlandbou-organisasie Algemene Vergadering 2023 vind in SA plaas

Die Suid-Afrikaanse lede van die Wêreldlandbou-organisasie, wat ons netwerk van familieboere Saai, AFASA en WRSA insluit, het die bod gewen om die Wêreldlandbou-organisasie Algemene Vergadering in Junie 2023 in Suid-Afrika aan te bied.

Die Wêreldlandbou-organisasie verteenwoordig meer as 80 nasionale boere-organisasies in 56 lande en 1,4 miljard boere wêreldwyd. Die Algemene Vergadering is ’n vooraanstaande geleentheid op die Interne Landbou-kalender en is die mees invloedryke byeenkoms van boere en landbouleiers in die wêreld.

Die Wêreldlandbou-organisasie Algemene Vergadering wat op tuis bodem aangebied gaan word, is ’n eenmalige geleentheid, wat sleutelgeleenthede bied om nuwe tegnologieë en landboupraktyke ten toon te stel.

Tydens die 2022 Wêreldlandbou-organisasie Algemene Vergadering in Boedapest het Wildlife Ranching South Africa (WRSA), ’n vereniging wat die grootste kollektief wildboere in die wêreld verteenwoordig, ’n aansoek om geaffilieerde lidmaatskap van die Wêreldlandbou-organisasie gedoen.

Twee Saai-lede is op die Wêreldlandbou-organisasie se komitees as Verteenwoordigers van die Afrika-vasteland in Wêreldlandbou-organisasie verkies.

Een van ons Saai-lede, Sivile Mabandla, is tot die Wêreldlandbou-organisasie se Beleidskomitee oor Vee verkies, terwyl Richard York as die Voorsitter van die Komitee oor Natuur en Biodiversiteit benoem is, om die deurslaggewende rol wat ons as Verteenwoordigers van die Afrika-vasteland speel ten toon te stel.

Die aanbieding van die 2023 Wêreldlandbou-organisasie Algemene Vergadering is ’n gesamentlike onderneming tussen Saai, AFASA en WRSA. Ons sien daarna uit om saam met die regering, die landbou- en wildsektor, sowel as mede-organisasies van binne Suid-Afrika en die res van Afrika te werk om te verseker dat hierdie geleentheid ’n dawerende sukses is.

Indien jy meer inligting verlang of wil betrokke raak by hierdie gesogte geleentheid, kontak Iné Bester by 082 613 0805 of stuur ’n e-pos na [email protected].