Is die toestand van Potchefstroom landboukollege vir jou aanvaarbaar?

Die Landboukollege in Potchefstroom het totaal verval.

Studente kla dat die instandhouding van die geboue en terrein so ver agter geraak het dat dit ’n onveilige omgewing skep. Van die eens trotse, tradisieryke instelling wat beide topboere en landboutegniese adviseurs opgelei het, is daar geen spoor nie.

Foto’s en verslae van diere wat vermaer is vanweë swak en verkeerde voeding, haglike krale, weiding waar rommel gestort word en dierewelsynspraktyke wat die Dierebeskermingsvereniging na hulle asem sal laat snak, staaf die studente se klagtes.

Saai is veral bekommerd oor die invloed van verwaarloosde fasiliteite op die gehalte van tersiêre landbou-opleiding.

Saai het reeds regstappe geneem om die dieremishandeling en die verval van die kultuurhistoriese geboue aan te spreek maar die kern van die probleem is die bestuur van die kollege.

Die departement van landbou in die Noord-Wes is huidiglik verantwoordelik vir die bestuur van die instansie maar dit is tyd om die kollege in bekwame hande te plaas.

Saai versoek dat die kollege se bestuur met onmiddelike effek geskors word en onder administrasie geplaas word.

Voeg jou naam hier by as jy glo die kollege kort nuwe bestuur!