fbpx

Lamb Champs 2024: SA se lekkerste lamsvleis kom van die Vrystaat

Jason Davel van die Vrystaat, wat met Île-de-France-skape boer, is as vanjaar se wenner van Saai se Lamb Champs-kompetisie gekroon. Hy wen R80 000 kontant en verskeie ander pryse, sowel as ’n brons trofee deur die beeldhouer Nic van Rensburg ter waarde van R85 000.

Dié gewilde kompetisie is op Saterdag 20 Julie by die Botaniese Tuin in Pretoria gehou en dit was weereens ’n reusesukses. Die byeenkoms het 8 000 mense gelok, terwyl 100 skaap- en 50 bokboere van regoor Suid-Afrika aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem het om die beste lam- en bokvleis in die land te bepaal.

Gawie van Heerden van die Noord-Kaap het tweede plek behaal met sy Merino lam en in derde plek is Colene van der Merwe, ook van die Noord-Kaap, met haar Dormer skaap. Die boere wat tweede en derde met hul lamsvleis geëindig het, ontvang tjeks ter waarde van onderskeidelik R40 000 en R15 000.

Die wenner van die bokafdeling is Danie Stauss van Rouxville in die Vrystaat. Hy wen ’n tjek ter waarde van R25 000.

Lamb Champs, nou in sy derde jaar, is trots daarop om die unieke stories van familieboere te deel en hulle toewyding in lamsvleisproduksie te vier. Hierdie borgskap beteken dat Pick n Pay die eksklusiewe kleinhandelaar sal wees waar Lamb Champs-vleis gekoop kan word. Pick n Pay is tans besig om voorraad van Lamb Champs-vleis in uitgesoekte winkels regoor Pretoria en Johannesburg bekend te stel met die doel om dit oor alle streke in Suid-Afrika beskikbaar te stel.

Pick n Pay-vennootskap bring nuwe televisieprogram

Pick n Pay se betrokkenheid het nie net tot die sukses van die dag bygedra nie, maar het ook die begin van ’n opwindende nuwe televisieprogram tot volg. Hierdie televisieprogram, wat tans verfilm word, sal die stories van die deelnemende gesinsboere na vore bring. Die program sal in die middel van 2025 uitgesaai word en die persoonlike en professionele reise van ons boere uitlig, asook hul uitdagings en suksesse in die landbou landskap van Suider-Afrika.

“Ons is opgewonde oor die vennootskap met Pick n Pay. Hierdie geleentheid bied nie net meer blootstelling aan ons boere nie, maar beklemtoon ook die unieke verhale agter elke familieplaas. Dit gaan oor meer as net ’n handelsmerk; dit gaan oor die skep van ’n storie oor lamsvleis wat die diversiteit en kwaliteit van ons streke beklemtoon,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

“Ons samewerking met Lamb Champs sluit aan by ons verbintenis om die hoogste kwaliteit produkte teen die beste pryse te verskaf. Dit beteken dat ons elke dag uitsonderlike waarde aan ons kliënte lewer, terwyl ons ook ’n positiewe impak maak op die lewens van die boere wat so hard werk om die beste vleis na ons winkels te bring,” sê Dallas Langman, bestuurshoof van Pick n Pay se kleinhandelafdeling.

Feeste oor Suid-Afrika heen

Die nasionale Lamb Champs-geleentheid in Pretoria was net die begin van ’n opwindende reis wat voorlê. Die fokus sal nou na die Vrystaat verskuif, waar Reitz op 28 September ’n geleentheid met 50 lammers vir 2 500 gaste sal aanbied. Die jaar sal op 15 Desember in Graaff-Reinet afsluit, waar 1 000 mense die heerlike vleis van Lamb Champs sal geniet. Elke geleentheid is ontwerp om die unieke geure en tradisies van sy streek te beklemtoon, plaaslike ekonomieë te versterk en die verhale agter die plase te vier.

Vir meer inligting, besoek asseblief www.lambchamps.co.za.