Bovlei fondsinsameling

R200.00

Bovlei plaas fondsinsameling.

Petra en Jakkals Louw boer net buite Sutherland en weens 9 jaar se uitmergelende droogte sukkel hulle om die boerdery en die diere aan die lewe te hou. Hulle het besluit om n fondsinsameling te hou waar mense lootjies kan koop om n regte Karoo lammer te wen. Die kostes van die lootjies is R200 – dit is wat n sak mielies kos! Saai het ons lootjie platvorm aangebied vir die fondsinsameling sodat hulle meer mense kan bereik – elke sent wat ingesamel word, word aan hulle betaal.

“Ongelukkig is die droogte nog steeds ‘n oorheersende faktor in ons omgewing. Die 3 mm hier en 10 mm daar het geen effek op die veld nie. Die helfte van die bosse is dood, glo ons, en die ander helfte het baie-baie reën nodig om te herstel. Gelukkig het die grond wat ons huur bietjie reën gehad, en kon ons die diere daarheen skuif. Maar die veld is glad nie “goed” nie, daar is ru-voer, maar die voeding is maar effentjies.

Daarom neem ons vandag die vrymoedigheid om weer eens te vra vir bydraes en skenkings. Ons kom deur met ru-voer, maar benodig mielies om die diere deur die winter te vat. Ru-voer met pitte sal ook werk. Sutherland se winters is snerpend, en op ‘n leë maag nie enige dier se speelmaat nie. Ons het regtig geglo ons gaan hierdie somer reën kry, maar dit was nog nie ons beurt nie.”

Deel hierdie met jou vriende wat hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry!

Sodra jy die hoeveelheid kaartjies gekies het wat jy wil koop en “Neem deel” geklik het, sal jou bestelling in die winkelmandjie beskikbaar wees wat regs-bo op jou skerm verskyn. Jy kan op die mandjie klik om jou bestelling te voltooi.

Tyd oor tot die trekking eindig:


Dae

Ure

Minute

Sekondes

Hierdie Gelukkige Trekking sal 1 wenner(s) hê

Kies 'n opsie en klik dan op "NEEM DEEL"

  • 1 Kaartjies / Ticket(s) = R200.00
  • 2 Kaartjies / Ticket(s) = R400.00
  • 3 Kaartjies / Ticket(s) = R600.00
  • 4 Kaartjies / Ticket(s) = R800.00
  • 5 Kaartjies / Ticket(s) = R1,000.00
  • 10 Kaartjies / Ticket(s) = R2,000.00

KONTAK ONS

PLATFORMS

Teken In

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.