fbpx

Firearms Guardian

Meer oor Firearms Guardian

Het jy al ooit gewonder oor die regsondersteuning wat jy dalk mag benodig as jy jouself, jou gesin of jou plaas met behulp van ’n vuurwapen moet beskerm?

Firearms Guardian is daar om jou as ’n wettig gewapende burger van Suid-Afrika te beskerm.

Firearms Guardian bied jou deskundige regs- en aanspreeklikheidsdekking wanneer jy dit nodig het!

Dit is ’n regsbeskermingsversekeringspakket wat aan die voorpunt staan vir wettig gewapende burgers. Hetsy vir selfverdediging, in die geval van ’n vuurwapen wat per ongeluk afgevuur is, jagongelukke en vele meer – ons dek jou! Dit sluit ook vervolging ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000 in.

Stel jou voor: ’n 24/7- direkte lyn na ’n span regsdeskundiges – dag en nag!

Vir so min as R135 per maand voorsien Firearms Guardian jou presies dít. Afhangend van die opsie wat jy kies, kry jy omvattende dekking van tot en met R300 000 per saak, en aanspreeklikheidsdekking van tot en met R300 000 per jaar.

Jy word gedek deur Firearms Guardian!

Firearms Guardian bied omvattende regs- en aanspreeklikheidsbeskerming

Dekking En Voordele

Die voordele wat gedek word, word beperk tot gevalle wat spruit uit ongelukke wat verband hou met die versekerde se eienaarskap, besit en/of gebruik van sy/haar vuurwapen.

Jy is gedek vir regsuitgawes wat met regsdienste verband hou, insluitend regsadvies, regsverteenwoordiging en litigasiedienste wat met die volgende verband hou (onderhewig aan die polis se bepalings en voorwaardes):

Algemeen

Administratiewe ondersteuning wat verband hou met ’n vuurwapenlisensie, siviele eise wat deur of teen die versekerde ingestel word, of strafregtelike vervolging van die versekerde, betreffende die aangeleenthede wat hieronder uiteengesit word.

Aangeleenthede wat met vuurwapens verband hou

1.1 Administratiewe probleme

● verklarings van ongeskiktheid om ’n vuurwapen te besit

● appèlle teen aansoek vir vuurwapenlisensie wat afgewys is

● probleme met die verskaffing van lisensies deur die SAPD

 

1.2 Strafregtelike prosedures / verdediging

Algemeen

● moord

● poging tot moord

● strafbare manslag

● aanranding

● aanranding met die bedoeling om ernstige liggaamlike skade te veroorsaak

● jagverwante vervolgings

● besering/skade aan persone of eiendom wat uit die gebruik van ’n vuurwapen voortspruit

● skietongelukke tydens jagtogte/sportskietgeleenthede/vuurwapenopleidingsessies

● aansoeke om borgtog

● betaling van borgtog

● appèlle wat met enige vuurwapenve

 

Spesifieke oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000

● die onwettige besit van ’n vuurwapen

● waar die versekerde daarvan bewus is dat iemand anders ’n vuurwapen onwettig besit en dit nie by die SAPD aanmeld nie

● die aandoen van liggaamlike skade aan ’n persoon or beskadiging van eiendom deur ’n vuurwapen op nalatige wyse te gebruik

● die afvuur van ’n vuurwapen op ’n wyse wat waarskynlik ’n persoon of die eiendom van enige persoon kan beseer of beskadig

● beheer oor ’n gelaaide vuurwapen onder omstandighede waar dit ’n risiko vir die veiligheid of eiendom van ’n persoon veroorsaak en daar geen redelike voorsorgmaatreëls getref word om dié gevaar te verhoed nie

● om beheer oor ’n vuurwapen te gee aan ’n persoon terwyl die versekerde weet, of behoort te weet, dat dié persoon geestelike siek is, of wat onder die invloed is van ’n middel wat ‘n bedwelmende of ’n verdowende invloed het

● die rig van ’n vuurwapen op ’n ander persoon sonder goeie rede

● die afvuur van vuurwapen in ’n beboude gebied of openbare plek

● die versuiming om die versekerde se vuurwapen in ’n voorgeskrewe kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weg te sluit

● die verlies aan ’n vuurwapen weens ’n versuim om dit in ’n kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weg te sluit, of weens ’n versuim om redelike stappe te doen om die verlies daarvan te verhoed, of weens ’n versuim om die sleutels van die kluis, brandkamer of toestel in veilige bewaring te plaas

● eienaarskap van die vuurwapen of ammunisie te gee aan ’n persoon wat nie gemagtig is om so ’n vuurwapen of ammunisie te besit nie

● die versuim om ’n verlore, gesteelde of vernietigde vuurwapen aan te meld

● die dra of stoor van ’n vuurwapen in ’n vuurwapenvrye sone

● die deaktivering van ’n vuurwapen

● die dra van ’n vuurwapen in ’n openbare plek

● om enige persoon toe te laat om sy/haar vuurwapen sonder sy/haar direkte toesighouding te gebruik, waar dit veilig is om die vuurwapen te gebruik en vir ’n wettige doel

● om ’n vuurwapen te gebruik waar dit nie veilig is om só te doen nie

● aanmelding van adresverandering

● aanmelding van enige veranderinge met betrekking tot enige inligting wat ingedien is ten opsigte van die aansoek om die uitreiking van ’n lisensie

● om ontslae te rak van ’n wapen nadat ’n lisensie gekanselleer is

● verlore, gesteelde of beskadigde lisensies

● die verskaffing van lisensies en vuurwapens vir inspeksie

● die versuim om aan die voorwaardes van ’n lisensie te voldoen

● die versuim om te voldoen aan enige voorwaarde, voorligting of vereiste wat ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens uitgereik is

● die onwettige besit van ammunisie

● die besit van buitensporige hoeveelhede patrone

● die besit van meer as die toegelate getal ontstekers

1.3 Sivielreg-aangeleenthede wat met die gebruik van ’n vuurwapen verband hou

● Dispute wat met die aankope van vuurwapens verband hou

● boedelvuurwapens

● skade weens die dood of besering van ’n derde party wat voorkom met betrekking tot jou gebruik van ’n vuurwapen

● verlies van of skade aan eiendom wat voorkom met betrekking tot jou gebruik van ’n vuurwapen

● siviele eise wat voortspruit uit onwettige of ongelisensieerde jag, maar met ’n wettige vuurwapen wat aan die versekerde behoort

● skietongelukke tydens jagtogte of sportskietgeleenthede of vuurwapenopleidingsessies

● probleme met jagsafaripakkette

● skade aan jagtoerusting

● skade aan jagfasiliteite

● probleme met diereopstoppers

● skade aan of verlies van die trofee tydens ’n gereëlde jag- of skietekspedisies

● aangeleenthede wat verband hou met skietoefeninge by skietbane

● aangeleenthede wat verband hou met sportskietgeleenthede

● aangeleenthede wat verband hou met vuurwapenopleidingse

Algemene sivielreg-aangeleenthede

Die versekerde word ook gedek vir regskostes met betrekking tot die volgende sivielreg-aangeleenthede bykomend tot die bogenoemde aangeleenthede:

● die opstel van regsmenings

● onwettige inhegtenisname deur die SAPD en metropolisie

● wanpraktyke deur dokters

● nalatigheid in hospitale

● dispute mediese skemas

● verbruikersverwante regsprobleme

● garansies en waarborge

● defektiewe goedere

● probleme met versekeringsmaatskappye

● persoonlike en liggaamlike beserings

● probleme met bure

● beskermingsbevel

Motor verwante aangeleenthede – beperk tot jagekspedisies, sportskietgeleenthede en vuurwapenopleidingsessies

● Strafregtelike vervolging wat verband hou met motorvoertuigongelukke

● Dronkbestuur

● Roekelose of nalatige bestuur

● Strafbare manslag weens ’n ongeluk

● POF- (Padongelukkefonds-)eise

Jy word gedek vir skadevergoeding (eis vir geldwaarde) waarvoor jy aanspreeklik word om te betaal ná die dood of liggaamlike besering van ’n derde party of verlies van of skade aan tasbare roerende of onroerende eiendom wat voorkom weens jou gebruik van die vuurwapen waarvan jy die gelisensieerde eienaar is en wat tot ’n eis of eise lei.

Alle gebruike van ’n vuurwapen word gedek, insluitend:

  • ongelukke tydens jag en georganiseerde sportskietgeleenthede
  • toevallige afvuur van die wapen
  • ter selfverdediging
  • Aktebesorging – Insuresense sal ’n afslag van tot 40% op die prokureur se oordraggelde beding wanneer een van die aktebesorgers in ons netwerk deur die partye tot die transaksie gebruik word.
  • Likwidasie van bestorwe boedels – Insuresense sal ’n afslag van tot 50% op eksekuteursgelde beding.

Ten opsigte van dekking vir regshulp sowel as die aanspreeklikheidsdekking sluit hierdie polis verder die volgende uit:

  • Eise wat ingestel word ná 31 dae vanaf die datum waarop ’n versekerde saak voorkom, of die voorkoms van die oorsaak of gronde vir stappe ten opsigte van daardie versekerde saak, of ná 31 dae vanaf die datum waarop die versekerde bewus geraak het van sodanige voorval of ’n eis teen die versekerde wat binne die bestek van ’n versekerde saak val.
  • Alle sake wat nie spesifiek by die definisie van ’n versekerde saak ingesluit word nie.
  • ’n Versekerde saak wat buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika voorkom.
  • Hierdie versekeringspolis en alle regsaksies, hetsy werklik of beoog, wat deur die versekerde teen die versekeraar en/of Insuresense ingestel word.
  • Alle regsaksies, hetsy werklik of beoog, wat deur die begunstigdes teen die versekerde ingestel word.

Ten opsigte van dekking vir regshulp sluit hierdie polis verder die volgende uit:

  • Die betaling van enige boete, strafbedrag, belasting, heffing, enige getuiegelde, enige koste ten opsigte van kundige getuies en kundige getuies se verslae, reis- of verblyfkoste, enige betaling of terugbetaling van geld aan die versekerde van watter aard ook al, insluitend koste en uitgawes ten opsigte van dienste ingevolge hierdie polis wat op ’n gebeurlikheidsgelde-grondslag verskaf word.
  • Vrywaring van die versekerde teen die betaling van eise of skadevergoeding wat in regsgedinge teen die versekerde toegestaan word.
  • Enige bevel ten opsigte van regsonkoste in regsgedinge wat ten gunste van die versekerde se teenstander in sodanige gedinge gemaak word.
  • Litigasie- en verteenwoordigingsdienste ten opsigte van gebeure, gedinge of omstandighede wat begin of plaasgevind het of waar die oorsaak of gronde vir aksie ten opsigte van daardie gebeure of omstandighede voor die aanvang van die polis of binne die driemaande-wagtydperk ontstaan het, asook ooreenkomste wat voor die aanvangsdatum van hierdie polis of binne die driemaande-wagtydperk deur die versekerde aangegaan is.
  • Sake wat verband hou met die versekerde se besigheid, ambag of beroep en wat gegrond is op die generering van inkomste, buiten inkomste wat as ’n werknemer verkry word.
  • Sake wat met die professionele sportaktiwiteite van die versekerde verband hou.
  • Regsdienste wat suiwer administratief van aard is.
  • Enige sake wat verband hou met:
    • die gebruik van ’n ongelisensieerde vuurwapen;
    • aansoeke om vuurwapenlisensies wat voor die aanvang van hierdie polis by die SAPD ingedien is;
    • verlies van of skade aan enige voertuig as gevolg van ’n ongeluk;
    • gebeure wat na die uitsluitlike mening van Insuresense onbeduidend is en/of in ’n hof vir klein eise beoordeel moet word; en
    • beskermingsbevele ten opsigte van geskille tussen die bersekerde en onmiddellike familielede, sy/haar gade of lewensmaat.

Ten opsigte van die dekking vir vuurwapenaanspreeklikheid sluit hierdie polis verder enige verlies of skade uit wat veroorsaak word deur:

  • Die gebruik van die vuurwapen terwyl die versekerde onder die invloed van alkohol of dwelms is.
  • Die gebruik van ’n ongelisensieerde vuurwapen.
  • Enige opsetlike/doelbewuste onwettige gebruik van ’n vuurwapen.
  • Speel met ’n vuurwapen.
  • Rig van ’n vuurwapen op ’n ander persoon of eiendom sonder grondige rede.
  • Die gebruik van die versekerde se vuurwapen deur ’n ander persoon.
  • Gebruik van ’n vuurwapen terwyl die versekerde as ’n sekuriteitsbeampte optree.
  • Gebeure, gedinge of omstandighede wat die grondslag van ’n eis uitmaak wat begin of plaasgevind het of waar die oorsaak of gronde vir aksie ten opsigte van daardie gebeure of omstandighede voor die aanvang van die polis of binne die driemaande-wagtydperk ontstaan het.
Opsie 1
Maandelikse premie
R135 per maand

Dekking sluit in:

R100 000-regsdekking

R100 000-aanspreeklikheidsdekking

Premies word jaarliks hersien
Opsie 2
Maandelikse premie
R245 per maand

Dekking sluit in:

R300 000-regsdekking

R300 000-aanspreeklikheidsdekking

Premies word jaarliks hersien.

Sluit Vandag Aan

* Polishouers word geregistreer direk ná die aansoekvorm voltooi en ingedien word. Die polishouer sal bevestiging per e-pos of SMS ontvang.

"*" indicates required fields

1
2

Stap 1: Persoonlike besonderhede

Elektroniese debietorderooreenkoms
Adres*