Fondsinsameling vir Marizaan du Toit

R10.00

Op 4 Desember 2021 het ‘n akute, iskemiese beroerte 19-jarige Marizaan du Toit se lewe onherroeplik verander.

Na vier dae in die intensiewesorgeenheid is n gedeelte van Marizaan se skedel a.g.v. swelling op die brein verwyder. Marizaan is aan ʼn ventilator gekoppel, met ‘n trageale buis geïntubeer en ontvang voeding deur ‘n voedingsbuis.

Na ‘n tydperk van vier weke in die intensiewesorgeenheid is Marizaan na Meulmed Medikliniek se rehabilitasiesentrum oorgeplaas waar sy daagliks terapie ontvang.

Marizaan ly aan hemiplegie, apraksie en afasie.

Marizaan benodig hulp!

Koop ʼn lootjie vir slegs R10 een (hoe meer jy koop, hoe groter jou kans om te wen) en staan ʼn kans om ‘n 4.5l Buffelsfontein brandewyn asook ‘n kas van Adam Tas se Skilpadtepel jinnetjie te wen. Alle gelde ingesamel is ten bate van Marizaan se herstel en rehabilitasie. Die wenner sal op 26 Februarie 2022 aangekondig word.

Sodra jy die hoeveelheid kaartjies gekies het wat jy wil koop en “Neem deel” geklik het, sal jou bestelling in die winkelmandjie beskikbaar wees wat regs-bo op jou skerm verskyn. Jy kan op die mandjie klik om jou bestelling te voltooi.

Please wait for the result

CONTACT US

PLATFORMS

Sign Up

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.