fbpx

Sprake van moontlike verslapping in lig van hangende hofsake

Duisende boere en plaaswerkers is deur oordadige inperkingsmaatreëls en die vernietigde markte en waardekettings tot bankrotskap en werkverliese gedoem.

“Oor die wêreld heen is die media krities oor die onverstaanbare beleidsraamwerk waarbinne die wyn- en tabakbedryf doodgesmoor is en jagters as lewenslyn van die wildbedryf nie oor provinsiale grense mag reis nie terwyl taxi’s dit wel mag doen,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.

Die regering is blatant ongeërg oor sakeondernemings, boerderye en werkgeleenthede wat daarmee heen is asof dit bloot net weer geskep kan word wanneer hulle besluit om die ekonomie weer vry te maak. Die argumente en data waarop hulle besluite berus, soos wat in Saai se hofaansoeke vir die opheffing van irrasionele inperkingsmaatreëls blootgelê is, is verpletterend vir openbare vertroue in die bestuur van die COVID-19-pandemie. Saai verwag dat die maatreëls verslap of na Vlak 2 afgegradeer sal word voor uitspraak in die hofgedinge gegee word.