fbpx

Saai pak skuldeisers om familieboere op hul plase te hou

’n Dramatiese toename in selfdood onder boere – wie se lewens weens die ergste droogte in dekades deur ’n hoë skuldlas, ongenaakbare banke en ander finansiële diensverskaffers, en uitbuiterprokureurs ondraaglik gemaak word – het die landbougemeenskap diep bekommerd.

In die rampspoedige droogte is daar min kopers op veilings, en ná ’n leeftyd se werk en opbou van ’n plaas word dié plase deur banke verkoop teen pryse wat minder as die boer se uitstaande skuld is. Boonop word die boer ná die verkoop van sy plaas steeds vir die uitstaande bedrag aanspreeklik gehou. Baie van hierdie boere sou hulself in een of twee goeie seisoene uit hul skuld kon boer.

Nie alles wat wettig is, is noodwendig moreel regverdigbaar nie.

Oops! We could not locate your form.