fbpx

Saai gaan VN toe: Ondersteun Saai se prioritisering van die familieboer.

Familieboere se uitdagings is vir Saai ’n prioriteit by die afskop van die Verenigde Nasies (VN) se Dekade van Familieboerdery.

Die VN loods op 29 Mei 2019 die VN se Dekade van Familieboerdery in Rome, Italië, in samewerking met die Food and Agricultural Organization (FAO) en die International Fund for Agricultural Development (IFAD).

Francois Rossouw gaan die bekendstelling van dié inisiatief namens Saai bywoon. Hy sê die vier grootste uitdagings wat familieboere in Suid-Afrika tans in die gesig staar, is:

  1. Klimaatsverandering en die gevolge daarvan, byvoorbeeld die deurlopende droogte wat ons tans in groot dele van ons land ervaar;
  2. die steeds teenwoordige bedreiging van onteiening sonder vergoeding en die aanslag op privaat eiendomsreg;
  3. plaasmoorde en misdaad; en
  4. toegang tot finansiering.

Ondersteun Saai deur jou besonderhede hieronder in te vul:

Oops! We could not locate your form.