fbpx

'n Familieboer
netwerk

’N NETWERK VIR FAMILIEBOERE DEUR BOERE.

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder.

Boere moet ’n magdom uitdagings trotseer, insluitend:

grondhervorming, veiligheidsrisiko’s, beperkende handelsmaatreëls, klimaatverandering en ’n gebrek aan landbou-ontwikkeling, opleiding, energie, hulpbronne, water, plattelandse infrastruktuur, tegnologie en toegang tot finansiering.

As belangenetwerk is dit Saai se plig om ’n aktiewe rol te speel in die uitvoer van daadwerklike strategiese oplossings vir hierdie en ander landbou-probleme en nie om bloot te berus by die hoop van beleidsbeïnvloeding nie.

Saai – as voertuig om hierdie doel na te streef – is nie ’n tradisionele landbou-unie nie, maar eerder ’n netwerk geskoei op samewerking en die toepassing van moderne tegnologie en suiwere beginsels.

BOER DIE TOEKOMS

Saai beywer ons vir ’n landbouvriendelike toekoms en glo dat ons netwerk dít in wese en strukture moet reflekteer. Ons maak van pasgemaakte digitale tegnologie gebruik vir werwing, mandaatgewing en saakgerigte optrede. Dit stel Saai in staat om direk met ons lede te kommunikeer. Gegewe die risiko’s wat boere daagliks moet bestuur, is dit ’n prioriteit om hulle op hoogte te hou van sake wat hul belange raak en toe te rus om, deur kollektiewe optrede, hul belange te bevorder.

LANDBOU MANIFES

Verenig deur samewerking.
Samewerkingsooreenkomste en wedersydse ondersteuning met landbou-ondernemings, bedryfs¬organisasies, navorsingsinstellings en landbou-organisasies wat op ander steunbasisse fokus, gee Saai toegang tot kundige bondgenote wat ons in staat stel om ’n wye spektrum van kwessies onder die loep te neem. Juis daarom beskou Saai bestaande landbou-unies en organisasies as vennote in die bereiking van ons doelwit en poog ons om te verenig eerder as om te verdeel.

Saai beskou landbou-ondernemings en die regering as belangrike rolspelers in die bevordering van die landboubedryf en sal deurlopend poog om samewerking met hierdie partye te bevorder, mits dit in belang van ons boere is. Die belange van boere en die voorgenoemde is nie altyd dieselfde belang nie.

SAAI SE STIGTINGWAARDES

1

Ons is onbeskaamd op Christelike waardes gegrond.

2

Ons glo onwrikbaar in demokratiese beginsels sonder diskriminasie op grond van ras, rykdom, ouderdom, herkoms, taal of geslag.

3

Ons skakeling en verhoudinge is gegrond op wedersydse respek, sonder om die kern van botsende waardes, belange of behoeftes te vermy of af te water.

4

Ons glo dat landbou-ontwikkeling en die toetrede van mense wat nie voorheen toegang tot geleenthede in terme van grondeienaarskap en kommersiële landbou gehad het nie, gegrond moet wees op regverdige, volhoubare en vryemarkvriendelike beginsels en praktyke, waaronder vrywillige deelname, vrye keuse van vennootskap of assosiasie en markverwante vergoeding.

5

Ons erken dat armoede en werkloosheid die grootste bedreiging vir stabiliteit en vrede in Suid-Afrika is en glo dat die landboubedryf in ’n besigheidsvriendelike beleidsomgewing ’n groot rol kan speel om hierdie faktore in landelike gebiede te beredder.

6

Ons beywer ons vir die instandhouding van die Grondwet van Suid-Afrika in sy huidige formaat, die nasionale akkoord, en alle regte soos vervat in die universele Deklarasie van Menseregte, as basis vir beleid en wetgewing om inklusiewe ekonomiese groei en vrede te bewerkstellig.

7

Ons glo dat welvaartskepping deur die toepassing van vryemarkbeginsels en gewaarborgde privaat eiendomsreg die hoeksteen van ekonomiese groei is, en die enigste volhoubare kans bied om werk te skep en armoede uit te wis.

Ons, die lede en ondersteuners van die netwerk vir familie- en gesinsboere genaamd Saai, verbind ons tot hierdie manifes en die uitvoering daarvan.

Verklarings

Staan Saam teen Betredings op Plase

Sluit aan by die stryd teen betreding: Betreding op plase het uitermatig hoë vlakke in Suid-Afrika bereik. Boere staar daagliks verskeie uitdagings in die gesig,